23 December 2014

Belgiese maatskappy TVH Parts Holding NV, die wêreldleier in vervangingsonderdele, verhuring en verskaffing van toerusting vir die industriëletoerustingbedryf, het die bates oorgeneem van C-tech Industries, LLC. (C-Tech), ’n VSA-gebaseerde maatskappy wat beskou word as die vernaamste vervaardiger van hoëgehalte elektroniese stuurstokbeheerders en komponente vir die industriëletoerustingbedryf.

C-Tech sal dien as ’n vervaardigingsafdeling van TVH en sal voortgaan om te fokus op die gehalteprodukte waarvoor hulle in die industriëletoerustingbedryf bekend is. Met die verkryging van C-Tech sal TVH sy vervaardigingsvermoë vir die industriëletoerustingmark vergroot. Pat McLaughlin, voorsitter van TVH Parts Co, het gesê “ons is opgewonde dat die C-Tech-personeel by ons span aansluit. Hulle het ’n rykdom van produkkennis en bedryfservaring, en ons sien uit na die samewerking tussen ons spanne in die komende maande.”

C-Tech is in 1999 deur Greg Greene gestig en danksy sy leierskap het ontaard in ’n hoëgehalte vervaardiger van elektroniese stuurstokbeheerders en komponente vir die industriële toerustingsbedryf. C-Tech is geleë in ’n voorstad van Cincinnati, Ohio in ’n 18,000 vt² moderne fasiliteit waar hulle sal voortgaan om produkte van uitnemende gehalte vir die industriëletoerustingbedryf te vervaardig. Hulle glo dat die byvoeging van C-Tech aansienlike voordele en geleenthede aan alle klante gaan bied en die eenstopwinkel-ervaring uitbrei wat hulle al meer as 45 jaar aan TVH-klante bied. Greg Greene, C-Tech se Algemene Bestuurder, sê “C-Tech was nog altyd trots daarop om gehalteprodukte te ontwerp en te bou. C-Tech sal nou, deur TVH, meer innoverende gehalteprodukte met wêreldklas ondersteuning aan die klant kan bied."

TVH is in 1969 in België gestig en word internasionaal verteenwoordig deur meer as 4 000 werknemers wat klante in meer as 172 lande in 32 verskillende tale bedien. Die TVH-maatskappygroep is verbind tot totale klantetevredenheid deur klante die regte produk teen die mees mededingende prys met gewaarborgde vinnige aflewering te bied. TVH is ’n maatskappy in private besit en privaat bedryf, wat progressief volgens gesinswaardes bestuur word.

Back to overview