25 March 2014

President Obama besoek op 26 Maart die Amerikaanse militêre begraafplaas in Waregem, ’n groot eer vir die stad en sy inwoners. Ter viering van die besoek, gaan TVH ’n speelse verwelkoming voorsien met ’n spesiaal aangepaste beeld langs die E17.

TVH, die wêreldwye speler in die veld van materiaalhantering, het sterk bande met Amerika danksy sy tweede hoofkwartiere in die VSA. Die maatskappy gaan langs die motorweg ’n persoonlike boodskap aan President Obama oordra. Hierdie keer is dit egter nie via hul welbekende plakkaatbord nie, maar eerder ’n LED-skerm van 5 meter breed en 2,5 m hoog wat op twee skeepshouers geplaas gaan word. Die skerm gaan ’n beeld van ’n hysertrok op heê met die vraag, ‘Need a lift, President Obama?’. Die ’Stars & Stripes’-versierde heining langs die motorweg sal die aandag op die beeld vestig.

TVH slaggereed

TVH versend elke dag byna 6000 pakkette na bestemmings reg oor die wêreld, met ontvang binne 24 uur vir Europese klante en binne 48 uur vir die res van die wêreld. Danksy die vroeë aankondiging van die hooggeplaaste besoek en die ooreenstemmende maatreëls, is die maatskappy slaggereed. Al die nodige voorsorgmaatreëls is getref om te verseker dat klante ook Donderdag betyds hul pakkette sal ontvang. Selfs die 1200 werknemers by TVH Waregem het die nodige instruksies ontvang om sonder probleme by die werk te kom.

TVH het volle vertroue dat die dag-tot-dag handelinge volgende Woensdag soos gewoonlik sal verloop. Dit was nog nie bekend of President Obama die boodskap op die LED-muur doeltreffend sal kan nie toe hierdie boodskap na die pers uitgegaan het nie.

Back to overview