27 January 2014

Dinge is aan die gebeur in MyTotalSource, TVH se webwinkel. Met die implementering van verskeie nuwe keuses, het 2014 op dinamiese en klantevriendelike wyse afgeskop. Dit eindig egter nie hier en later in die lente kom daar ook ’n nuwe toepassing.

Gebruikersvriendelike keuses
Mense wat MyTotalSource gebruik om hul navrae en bestellings te plaas, kan dit nou selfs makliker doen danksy die bykomende moontlikhede. MyTotalSource laat TVH-klante toe om verwysings na te slaan, bestellings en navrae te plaas, katalogusse te raadpleeg, nuus en spesiale aanbiedings te ontvang ...

Deur middel van die nuwe inboksfunksie kan die klant op hoogte bly van alle aanbod- en bestellingsbywerkings. Hulle kan ook kyk na die resultate van invoere asook ’n vinnige algehele oorsig van die status van die aanbod en bestelling.

Opsoek van verwysings met masjienbesonderhede
Selfs die soekenjin MyPartsFinder is bygewerk. In hierdie soekenjin kan klante verwysings vir onderdele opsoek op grond van trokbesonderhede. Daar is nie net nuwe modelle en bykomende inligting bygevoeg nie, maar dit is nou ook moontlik om ’n lys van algemene verwysings op roep as jy nie ’n onderdeelnommer het nie. Om dit te doen, voer jy bloot die fabrikaat en model van die masjien in.

Nuwe profiel
Vir mense op die pad of wat klante besoek, is ’n nuwe profiel geskep: 'Warehouse – no price'. Met hierdie profielinstellings is dit moontlike om maklik navrae te rig, produkinligting te kry, na foto’s te kyk en beskikbaarheid en afleweringstye te raadpleeg. Vir hierdie profiel word die prys nie vertoon nie.

Ten slotte is daar ook die nuwe opspringskerm, 'Do You Mean'. Wanneer ’n klant ’n verwysingsnommer onder ’n verkeerde fabrikaat invoer, sal MyTotalSource outomaties sekere moontlike alternatiewe voorstelle. Die klant kan dan onmiddellik die korrekte verwysing uit hierdie lys kies.

Volgende ...
TVH is tans besig met die afrondingswerk op nog ’n nuwe toepassing vir sy webwinkel. Hierdie toepassing sal gebruikers in staat stel om MyTotalSource op slimfone te gebruik. Die bekendstelling word beplan vir Mei 2014.

Back to overview