29 May 2013

TVH het by die 19de ANAPAT-konferensie in Madrid ’n belangrike prys ontvang vir sy interaktiewe webwinkel, MyTotalSource. ANAPAT is die hoofvereniging wat optree namens maatskappye wat in hoogwerkplatforms handel dryf.

Innovering en ontwikkeling

Trouens, TVH het twee pryse in die Spaanse hoofstad ontvang. Die eerste toekenning is toegeken vir MyTotalSource. Hierdie interaktiewe webwinkel waardeur onderdele gesoek en gekoop kan word, is geloof as ’Innovering op die gebied van Instandhouding en Hoogwerkplatforms’. Die beoordelaars het die stelsel geprys as ’n troefkaart vir verhuringsmaatskappye wat hulle in staat stel om selfs beter diens aan hulle klante te bied. Javier Gonzalez, Besigheidsontwikkelaar vir TVH in Spanje, is ook binne hierdie konteks geloof. Hy het ’n persoonlike toekenning ontvang vir sy aandeel in die positiewe ontwikkeling van Spaanse verhuringsmaatskappye.

TVH is verheug oor albei hierdie toekennings. Dit is erkenning vir en die gevolg van die maatskappy se voortdurende beleggings om besigheid op die Spaanse mark as die grootste verskaffer van onderdele vir hoogwerkplatforms te vestig.

In die foto, van links na regs:

Javier Gonzalez, TVH, Besigheidsontwikkelaar
Karen Deblauwe, TVH, Interne Verkoopsadviseur

Back to overview