09 July 2013

Roep pryse op, plaas bestellings, soek onderdele op en veel meer. TVH-klante kan sedert 2012 dit aanlyn doen met MyTotalSource. Te danke aan hierdie aanlyn webwinkel hoef klante nie meer ’n spesiale program te installeer nie, hulle kan eenvoudig by www.eshop.tvh.com aanteken.

Een jaar nadat dit bekendgestel is, ontvang die gebruikervriendelike stelsel ’n positiewe evaluering. Verder was MyTotalSource een van die wenners by die 19de ANAPAT-kongres en het hy die toekenning vir ’Innovering op die gebied van Instandhouding en Hoogwerkplatforms” ontvang.


'Onvoltooide Werk'

MyTotalSource is verenigbaar met beide Android en Windows, op Mac, iPad... Vir die klant beteken dit ’n ongeëwenaarde aanpasbaarheid. Sodra ’n internetkonneksie beskikbaar is, kan die klant begin om met die program te werk.


MyTotalSource is in 20 tale beskikbaar en kan klante kan wêreldwyd toegang daartoe kry. Die aanlyn winkel was reeds in Engels in Rusland beskikbaar, maar dit is onlangs ook in Russies (Cyrillies) beskikbaar gestel.

Onderdele kan beide gesoek en bestel word met behulp van die handige soekenjins, MypartsFinder en MyProductSearch. Die stelsel bied ook modules om fakture en alle TVH-katalogusse deur te lees, en die vermoë om huidige uitverkopings asook inligting oor naverkopediens te sien.

Die afgelope jaar het positiewe syfers gelewer met 43% van die aanbiedinge en 39% van die bestellings wat deur MyTotalSource verwerk is. Baie klante het reeds hulle pad na die aanlyn winkel gevind en is baie entoesiasties daaroor. Die spesialiste by TVH hou aan om die webwinkel te ontwikkel en implementeer gereeld nuwe funksies. Mense werk elke dag hard om die stelsel selfs meer klant- en gebruikersvriendelik te maak. Die volgende opsies sal hierdie maand bekend gestel word:

. die byvoeging van ekstra teks oor aanbiedinge,
. druk van etikette,
. gewig sigbaar in die aanbiedingskerm,
. druk van verskepingsbevestiging,
. uitvoer van faktuurdata na Excel.

Back to overview