24 February 2014

Op 24 Februarie het TVH – Thermote & Vanhalst sy nuwe webwerf bekendgestel, met dieselfde welbekende adres www.tvh.com. Met die slagspreuk ‘Fly high with our new website’ stel die eenstopwinkel vir materiaalhantering en industriële voertuie sy nuwe webwerf aan sy klante bekend. Die snelle groei oor die afgelope paar jaar, waartydens TVH ook nuwe markte ondersoek het, het ’n nuwe webwerf genoodsaak.

Besoekers aan die webwerf arriveer eerste op ’n landingsblad waar hulle hul land op ’n kaart van die wêreld kan kies. Op grond van die gekose land, kry hulle die regte inligting en kontakbesonderhede. Die nuwe webwerf is in die volgende tale beskikbaar: Nederlands, Frans, Engels, Duits, Spaans, Portugees, Italiaans, Pools, Russies.

Meer inligting, meer beelde

Op die nuwe webwerf stel TVH baie meer van sy produkreeks ten toon, met baie visuele materiaal. Die bladsye van die Onderdele & Toebehore-afdeling toon duidelik vir watter masjiene die maatskappy onderdele en toebehore verkoop, en watter katalogusse en brosjures vir hierdie produkte beskikbaar is. Mense wat belangstel om ’n masjien te koop, het nou ’n perfekte oorsig van watter masjiene te koop is op die bladsye van die Toerustingafdeling, met ’n direkte skakel na die tegniese besonderhede.

Opleidingsentrum en Diens & herstelwerk

Die oorsig van die tegniese en bestuurdersopleidingkursusse kan ook nou op die webwerf gevind word, en dit is vir klante moontlik om onmiddellik aanlyn in te skryf. Die bladsye oor Diens & herstelwerk verduidelik wat die Werkswinkeldiens en Elektronieseware-afdeling doen en vir watter herstelwerk klante TVH kan kontak.

Films, brosjures, katalogusse en webwinkels

Die navigasie op die webwerf is baie duidelik, maar mense wat nie onmiddellik kan vind waarvoor hulle op soek is nie kan die soekfunksie gebruik om deur die hele webwerf te soek. En diegene wat vrae het, kan, benewens die kontakvorm, die -Kan ons jou help’-knoppie op elke bladsy benut. Alle katalogusse, brosjures en films is saam gegroepeer onder ’Aflaaie’.

Klante kan voortaan ook via die webwerf aanmeld op die webwinkels MyTotalSource (bestelling, aanbodversoeke, opsoek van onderdele) en MyEquipmentFinder (opsoek van tweedehandse masjiene volgens voorradvlak).

Werk by TVH

Bo en behalwe die oorsig van vakatures, kan enigeen wat op soek is na werk by TVH nou ook omvattende inligting oor werk by TVH, die maatskappy se waardes en inligting oor werkskoue kry. Die bladsye oor die maatskappy toon ook duidelik hoe die maatskappy gegroei het, waar die internasionale takke geleë is en wat die maatskappy se missie is.

Back to overview