10 October 2013

Sevcon Geïnk. en TVH het ’n wêreldwye strategiese vennootskap aangegaan om verouderde naverkope-onderdele vir die materiaalhanteringsbedryf te ondersteun.

Sevcon het die volgende gesê: ''Dit is uitstekende nuus vir ons regstreekse en onregstreekse klante wêreldwyd omdat dit nou moontlik is om onderdele te bekom wat andersins in onbruik sou verval het. Dit verleng ook die lewensduur van bestaande toerusting.''

TVH het gesê: ''Hierdie vennootskap is baie belangrik om ’n volgehoue voorsiening aan ons klante te verseker van Sevcon-produkte wat naby aan die einde van hul lewensduur gekom het en wat nie meer vir Sevcon ekonomies is om te ondersteun nie."

Met ingang 1 Oktober word alle navrae vir MOS90-beheerders na TVH terugverwys en klante sal baat by TVH se wêreldklas logistiekbedryf en hul verklaarde begeerte om voorraad vrylik beskikbaar te hê.

Bo en behalwe die verkoop van nuwe onderdele, sal TVH ook ’n Sevcon-gemagtigde hersteldiens vir die MOS90-produk bied.

Met sy splinternuwe fasiliteit van 5000 vierkante meter vir die herstel en hervervaardiging van elektroniese onderdele, is TVH sonder twyfel Europa se grootste, bes toegeruste en mees uiteenlopende verskaffer/hervervaardiger van elektroniese onderdele vir allerlei elektriese voertuie.

Back to overview