17 June 2014

Die Belgiese maatskappy, TVH Groep, die wêreldwye leier in vervangingsonderdele, verhuring en toerustingverskaffer vir die industriële toerustingsbedryf, het die bates verkry van Equipment Parts Wholesale, LLC (EPW), ’n VSA-gebaseerde verskaffer van onderdele en voorraad vir lughystoerusting.

EPW sal dien as ’n verkoopsafdeling van TVH in die Amerikas en sal voortgaan om onder die EPW-handelsnaam te fokus op die lughystoerustingmark en toerustingverhuringsmark in Noord-Amerika. Met die verkryging van EPW verhoog TVH sy nuwe produkontwikkeling en inventarisaanbod vir hierdie deel van die industriële toerustingmark. Dirk von Holt, Vise-president by TVH sê: “Daar was ’n geleentheid om die bates van EPW te vekry wat in lyn is met ons maatskappy se strategie om ons produkkeuse te vergroot om ander industriële toerustingsegmente in te sluit”.

EPW is in 2001 gestig en het ’n gerespekteerde verskaffer van vervangingsonderdele vir lughystoerusting geword, beide in die VSA sowel as die wêreld. Die personeel by EPW beskik oor ’n magdom produkkennis en bedryfservaring en TVH is van plan om dit met sy kennisbasis en verspreidingsnetwerk te kombineer om diens en produkbeskikbaarheid te verbeter vir klante van beide maatskappye. Ons glo dat dit omvangryke voordele en geleenthede aan alle klante sal bied, en die Eenstopwinkelervaring wat TVH al vir meer as 45 jaar aan klante bied, verder sal versterk.  Brian MacFarland, EPW se Algemene Bestuurder, sê: “Ons verwelkom die ondersteuning wat TVH kan bied aan ons pogings om ’n volledige reeks produkte te bied en om ’n betroubare voorraad by welgeplaaste verspreidingspunte reg oor Noord-Amerika te verseker”.

TVH is in 1969 in België gestig en word internasionaal verteenwoordig deur meer as 3 900 werknemers wat klante in meer as 172 lande in 32 verskillende tale bedien. Die TVH-maatskappygroep is verbind tot totale klantetevredenheid deur klante die regte produk teen die mees mededingende prys met gewaarborgde vinnige aflewering te bied.. TVH is ’n besigheid wat privaat besit en bedryf word. Dit word progressief bestuur met familiewaardes.

Back to overview