21 December 2012

Die Fork Lift Truck Association (FLTA) bied op 16 Februarie 2013 sy jaarlikse 'Toekenning vir Uitnemendheid' by die Hilton in Birmingham aan. Die nominasies vir hierdie gesaghebbende toekennings is onlangs bekendgemaak. TVH is in die kategorie ‘Innovering’ genomineer, in die besonder vir sy nuwe MyTotalSource interaktiewe webwinkel.


MyTotalSource is TVH se interaktiewe webwinkel. Klante kan – onder meer – pryse oproep, bestellings plaas en onderdele opsoek. Dit is nou nie meer nodig om ’n spesiale program vir dit op jou rekenaar te installeer nie. Jy kan eenvoudig aanmeld by www.eshop.tvh.com. Om klante met hierdie gebruikersvriendelike webwinkel vertroud te maak, organiseer TVH aanlyn webvergaderings. Tydens so ’n vergadering kan klante kyk na die werking en al die verskillende moontlikhede van die stelsel en hulle kan ook gerigte vrae vra.


Die lede van die Fork Lift Truck Association is die eerste kontakpunt vir inligting en advies oor hysertrokke en interne vervoertoerusting in die Verenigde Koninkryk. Van hul lede is vooraanstaande hysertrokvervaardigers, vervaardigers en opleidingsentrums. Die lede word deur FLTA gekeur op grond van die hoogste standaarde ten opsigte van professionaliteit, veiligheid en diens.

Back to overview